23/12/2011: Da Road back from Bob (1)

Terug, veilig, en soos met sulke reise verwerk mens dinge eers wanner jy terug is. Terwyl jy besig is, is jy so in die oomblik, en die oomblikke volg mekaar so vinnig dat jy nie nabetragting kan doen nie. So die is die hoogtepunte, die Everest’s eintlik, want die hele reis was een groot hoogte.

Barcelona: So baie om te se ek gaan sommer min se. Die mooiste, lekkerste, vriendelikste stad wat ek al ooit besoek het. Het heeltemal opgesien na die tyd wat ek in die stad moes deurbring vir werk, maar wat ‘n stad. Van Gaudi tot Picasso, van Modern tot Rooms en Goth, museums tot nagklubs wat op die strand uitloop, vriendelike mense en klein eetplekkies orals, baie min Amerikaanse eetplekke – yeehaa!!!

Die hele stad, werk ek toe uit, werk in drie 8 uur siklusse, en in derdes. 10 uur die oggend begin ‘n derde werk, ‘n derde kom net van die werk af en begin “jol”(en hel, kan die mense paaaaartie – gesien hoe staan ‘n ry om die blok om by ‘n club in te gaan, 3 uur op ‘n Sondag middag!); en ‘n derde gaan slaap. So 6 uur se kant skuif hulle een aan, en dan 2 uur die oggend weer. Midderdag lyk die strate leeg, asof die plek nou eindelik tot ruste kom, maar glo my, 2 uur die oggend lyk dit soos Voortrekkerweg op ‘n einde-van-die-maand Saterdag oggend.

Aand een stap ek in die stad  rond, sulke klein, baie hoe, baie ou stegies gebou in die tye van die Romyne en Goths, en kom op so klein pleintjie af, soos Green Market Square, miskien bietjie groter.

303030_10150438727443169_1643177600_n

307258_10150438732873169_139132419_n Lyk soos wynfees in Breede rivier, sonder die rivier, sulke klein tentjie goeters met mense wat kos verkoop. EN DIS DIE BARCELONA TAPA’S FEES!!! Nou die van julle wat my ken weet kos is groot op my agenda.  Die beste chefs in en rondom Barcelona het elkeen ‘n stalletjie, waar jy dan hulle beste Tapas gereg kan koop, en wyn, baie wyn en Sangria. Ek is in die hemel en kan maar opgeraap word, en eet myself so dat ek nie eers plek het vir wyn nie, en die van julle wat my ken weet wyn is reg langs eet op die agenda!

Persoonlik is ek mos nou nie wat sou beskryf word as kuns kenner nie, weet regtig nie veel van dit nie, maar die Gaudi ou raak toe my hero. Waar almal besig was om in reguit lyne te bou en vierkantige geboue op te sit, vorm hy sy geboue soos hy voel, sulke mooi rondings en gebuigte lyne. Tuine, geboue, monumente, en toe besluit die dude hy wil kerk bou, Sagrada Familia, en volgens die plan sou dit eers jare na sy dood voltooi kon word.

315811_10150440094973169_1911186981_n(Hulle is nou nog besig daarmee na hy dit in 1915 begin het, reken dit gaan so teen 2027 voltooi wees.)  Toe hulle dit vir hom se reken hy: “It’s o/k, my client has time to wait”, of so iets, en in Spaans. Hy sterf in 1927 na hy deur ‘n tram omgery word, en omdat hy nie identifikasie op hom gehad het en omdat hy altyd soos die hond se gat gelyk het, dink hulle hy is swendelaar en gee hom nie die mediese behandeling wat hy benodig nie. So mens moet seker maar na jou ma luister as sy se jy moet jouself netjies hou, skoon onderklere ingeval jy in ongeluk is…..

Heerlike tyd gehad en ek kan nog blaaie vol skryf, maar na ‘n week van “werk” spring ek op ‘n trein Parys (Frankryk) toe. Die treine is nou nie ons algemene Trans-Karoo nie, hardloop hier oor die 300 km per uur en loop die afstand van Barcelona na Parys (Frankryk) in 6 ure plat. Vinnige stop in Belgie, kan mos nou nie waffle daar misloop nie, en so klim ek in Parys af, plek wat almal nou maar een keer in hulle lewe wil gaan beleef. En volgens my, net een keer, maar meer daarvan volgende keer.

So onthou, luister na jou ma, dra skoon onderklere, en bou wat jy wil al dink ander mense jy’s mal. Die Slagveld laat my dink ek is dalk so………

AfrikanerSlim

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

1 Responses to 23/12/2011: Da Road back from Bob (1)

  1. Louis Awerbuck sê:

    Lekker G!!!!

Lewer kommentaar op Louis Awerbuck Kanselleer antwoord