09/11/2010: Trip

Hello Slagvelders

Lange die slag en ek het dit regtig probeer verkort, daar is soveel meer.  Deel daarvan het ek op pad geskryf en deel tuis, geniet of delete – keuses, keuses – al wat ons het:

Yo, hier sit ek nou in die Tankwa Karoo, voor ‘n tent op ‘n koppie en kyk uit oor ongerepte aarde. Wel, tot so paar oomblikke terug altans toe die son sy heel laaste strale deur die wolke laat kom het soos die covers van die Christelike boekies van ouds. Ek weet nou hoekom hulle altyd sulke strale deur wolke met sonsondergang gekies het vir die covers: want “Jirri dis mooi!”

Bo is foto van die getente huisie en regs foto uit my bed vir die aand.

 Links is hoe ek lyk soos ek nou hier sit en tik. Dis vir my baie weird as mense foto’s van hulle self neem op plek en dan vir jou wys, gewoontlik sommer baie foto’s op baie verskillende plekke, maar hulle staan die view vol so al wat jy die heel tyd sien is hulle en nie die plekke nie. Elk geval…

O/k, hoe kom ek hier: besluit om entjie met motofiets te gaan ry vir kop skoonmaak. Oorspronklik, soos sulke dinge maar altyd werk, groei die groep toe tot 4 ouens, maar verloor toe 3 hoe nader die datum raak. Ry gistraand alleen McGregor toe, slaap in die hout huisie wat ons teoreties in gaan bly wanner ons die Slagveld bou – kyk onder.  Ry vanoggend verder, eet ontbyt in Montaque en besluit om Tankwa Karoo toe te ry, Touwsrivier om, en sit nou so 140km van teerpad af op die grond van die jaarlikse Africa Burn. (www.afrikaburn.com – dis ‘n moet)

Maar in stede dat hier 4 000 mense en tente en kuns werke so groot soos geboue en baie, baie (soek nou woorde vir weird wat nie afbrekerig is nie – alternatief?) aangetrek en quite frankly net vry mense is, is hier een barman (Beka) en sy pel (Kirsten), altwee van Malawi, en een kleurling vrou (Theresia – sy moes dit vir my neerskryf want tot nou toe sukkel ek met die uitspraak) wat my onmiddelik aan Lizzi van die Plot laat dink: vriendelik, wys, diensgerig sonder dat sy dit weet, praatsamig en sommer net cool.

Lizzi maak toe vir my kos – lams boud met regte egte gebraaide aartappels, 2 soorte vars gemaakte slaai, gebakte plaas brood, kaas (en meer as wat ek kan skep) – Beka en Kirsten skink bier/whiskey/jagermeister en rook saam, ons chat en is gesellig. Hulle maak vuur in die donkie vir warm stort, ek kies vir my opgeslaande tent op die verste punt, op klein koppie met view wat nie eindig nie, vat vir my whiskey, soda en ys en kom sit hier en kyk na die sonsondergang. En toe die sterre wat opkom, op die plek op aarde letterlik waar mens die beste sterre kan sien. So dis hoekom ek foto van myself moes neem – daar is nie ‘n view nie, dis pik donker nag – die Malawieers en Lizzi is baie ver van hier af nou aan die heel ander kant van die plaas, ek dink die naaste ander mens omtrent 150km – en ek wou he dat julle moet kyk of julle in my gesig kan sien hoe fokkol ek op die stadium vir die establishment voel.

Die snor kan ek ook verduidelik, maar die klein netbook se krag het klaar geflash – dis nou sy einde. (het ek al bygevoeg die naaste kragdrade is omtrent 160km van hier, die naaste parkeer meter nog verder.)

Krag het toe gegaan en ek sit nou tuis met soveel meer om te se, so lees verder. Wat ek wou se is die snor is deel van die Movember maand (www.movember.com vir die wat nie weet nie) vir die bewustyd van kanker. Dit gee ook vir ons gewone mans wat kak lyk met ‘n snor ‘n kans om ‘n snor te mag groei en nog steeds cool wees. (Miskien nie lyk nie, maar wees)

Ek wens ek kon vir julle die sterre beskryf – al wat ek mee kon opkom was dat dit eindlik vir mens engtevrees gee, daar is so baie en helder dit voel absoluut of dit afdruk op jou – van horison tot horison – en ek sien 3 verskietende sterre. Dink ook toe hoe “skaars” dit blykbaar is om dit te sien, en almal wat ek dit vertel se “ja, baie lanklaas een gesien”. Maar wanner laas het jy opgekyk – net daar gesit en opkyk na die sterre? Seker maar soos baie dinge in die lewe – die wense word waar vir die wat elke nou en dan die tyd vat om net rustig te sit en opkyk na die sterre.

Dag 3 vat my toe op in die Tankwa na ‘n pad wat ek op kaart gesien het, in die Cederberge in na die dorpie Wuppertal. Die kaart se egter nie dat mens vooruit moet bel om te hoor of die Doring rivier dalk in vloed is nie, veral as dit nog die vorige dag gereen het. Kom toe by lopende rivier aan, te min petrol vir omdraai – so Wuppertal or bust. Soos dinge maar werk op so trip is daar gelukkig 6 ouens op 5 motorfietse wat net voor my daar aangekom het. Daar is ‘n pond, wat bestaan uit 4 lee petrol dromme met staal raam – baie goed benaamd: SAS Willehond. Jy probeer dan jou  duur 240 kg Duitse motorfiets oor sand rivierwal kry, op die pond met sy wanklerige ramp, maak vas met ou toue en loop halflyf deur die rivier terwyl jy die pond oorstoot met jou motorfiets nog meer wankelrig bo-op. Jy stamp jou tone, val oor klippe (mens kan mos nou nie met ry boots deur die rivier loop nie) en elke slag as dit bietjie kantel wil jy in jou broek bol.

Ander kant uit se ek dankie en ek het 2 biere wat ek graag met die ouens wil deel, dis nou na hulle nee gese het vir ‘n sigaret, en se toe ook nee vir die deel van die bier. “Nou wat doen julle ouens dan?” vra ek opreg. “Ons doen nie eintlik sulke goed nie, ons is dissipels.” (Dankie is ek toe ek het nie iets anders uitgeruk om te rook nie!!) “Cool” se ek – want wat se mens nou as jy so bly is die ouens word na gekyk van bo, en help jou met jou 240 kg motorfiets oor lopende rivier met 4 petrol kanne en stuk staal?

“Niks pertrol op Wuppertal tot miskien vanmiddag” – se hulle na ek by die petrol pompe was wat lankal nie meer werk nie en waar ek verwys word om by ‘n huis te gaan klop. Maar nog ‘n geluk op een dag kom daar ‘n groep Duitsers verby wat uit Windhoek ry met motorfietse en back-up voertuig – met baie petrol. Koop toe by hulle en ry verder deur die Cederberg met die skoonheid, werklik ‘n foto oomblik elke 5 meter. Yo, mens vergeet tot jy weer daar is hoe mooi dit is. En lekker, moeilike stukke pad wat mens toets en wakker hou, ry ek tot by plek met naam Oasis – in die middel van nerens.

Eienaar van Oasis ook ‘n Gerhard – goeie mens natuurlik – en as jy daar kom word jy onmiddelik verduidelik hoe dit werk: jy kry vir jou stukkie papier, en help jouself  uit die kroeg. Jy skryf net neer wat jy vat en watter kos jy bestel, en betaal die volgende dag wanner jy ry. Of soos in my geval, betaal wanner jy weer by ‘n dorp uitkom en internet betaling kan doen omdat daar geen kaart fasiliteite so ver in die berge is nie. (Kan ek byvoeg die laaste cell opvangs was 3 dae terug?) Kan jy glo – sulke vertroue, hulle ken my van geen kant af nie. Lekker kos word vir jou gemaak met keuse van vleis of vleis –  ribs, sirloin, rump of T-bone – net soos dit moet wees, lekker ou bord vol met slaai en chips – sonder tierlanteintjies en absoluut heerlik. Die kroeg/restaurant sit in die middel van nerens, (kyk maar mooi in die foto, daai groen stukkie is waar dit is) maar lanklaas het ek so goed bestuurde plek teegekom. Hulle het alles en nog meer – baie van die top restaurante waar ek al was kan daar gaan leer. (En ja, ek het hulle toe betaal!)

Ek ry dag 4 rustig uit die Cederberge en basies die einde van my tog tot voor ek civilisation teekom – as ek nog 4 dae gehad het het ek weer van voor af begin. Ek kan nie wag dat die Dj terug kom uit Oz om haar te gaan wys. Maar meer as dit, dit voel of ek boek oopgemaak het en net die eerste bladsy gelees het en dit boei my absoluut al klaar, met nog baie om te kom en ek kan nie wag om dit te gaan bekyk nie. Om dit op motorfiets te doen is net soveel anders as met bakkie – jy voel die terrein, jy voel die weer, jy is een met alles om jou sonder “mure” of “vensters” om uit te kyk – jy is uit.

So los ek julle met stukkie musiek van 30 Seconds to Mars, wat oor en en oor in my kom haak het en vele male gespeel is terwyl ek so ry:

“I will never forget,

I will never regret,

I will live my life”

 

Afrikaner Slim

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to 09/11/2010: Trip

  1. Mike Wildehond Smit sê:

    Jis ou bees. Jys diep. My tipe ou met wie ek n lang 12jaar brandewyn kan geniet terwyl ek my toekoms in n vuur voor my soek. Hoe maak ek om saam te ry?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s