17 May 2007: Die Eerste Stap

Geagte verkrygers van die mail

Dinge het regtig wending geneem en tel spoed op in die ontwikkeling van die Slagveld. Planneman Warren het ons idees op papier gesit en dit is nou by die Breerivier Munisipaliteit. Nie dat dit so maklik was soos dit klink nie, munisipaliteite en goeie dienslewering sal mos nou nie noodwendig in een sin gebruik word nie.

Vir ‘n week gesukkel om grond uitleg uit hulle te kry. Dame is siek, niemand anders weet wat om te doen nie. So praat ek met volgende persoon in skakel, wat al te lekker wil gesels, want sy het niks om te doen nie aangesien sy nie werk van die siek dame af kry nie, en so gaan die skakel aan. Niemand wat iets met die siek dame te doen het werk nie, hulle kry dan niks van haar af nie. Besigheids kontinueteit is blykbaar iets wat net korporatiewe maatskappye al van gehoor het.

Onmiddelik skakel ek HR om aansoek te doen vir ‘n pos, enige pos, maar blykbaar klink ek net te entoesiasties en dit sal nie duig nie. Planneman Warren ken egter al die mense en hy is besig om tot die hersonering vir ons te reel, skuif die boulyne net soos dit ons pas, hy weet presies wat die “Heritage Committee” verwag, goeie kerel se ek julle. So kry ek die grondplan uiteindelik, gedateer September 1939, in voet uitgemeet, vierkantige blok geteken op A4 met A-B-C-D op die hoeke. Maar die pragtigste vierkant op A4 geteken met A-B-C-D op die hoeke wat ek nog gesien het en ek is opgeswel van trots. ‘n Ander tiepe opswel as wat die Dj in my veroorsaak, maar amper net so lekker.

Die water word na die plot aangele soos ons hier lees. Maar alles kos geld, en okie min nie. Janneman Louis reken hy gaan sommer dat sy pasiente hulle skulde reguit in my rekening inbetaal. Behalwe vir die bond van die grond het ek en Janneman Louis etlike duisende uitgehaal, dinge wat mens nie altyd voor budget nie, maar wat tog betaal moet word. Die trek en/of bou in plattepand van die yuppie garde wat so na die rustigheid verskuif kos geld, en mens word dit nooit gese nie.

Dit kos geld om rustig te raak. Ding is seker dat mens moet keer dat die maak van geld nie die lus vir rustigheid oorskrei nie. Of die rustigheid die maak van geld ,om rustig te wees, nie oorskrei nie. Of kom mens eers agter ,as jy rustig is, dat die maak van geld om die rustigheid te bekom eintlik oorbodig was? Ek wetie, maar ek gaan uitvind, ten minste het ons iewers begin, en dis mos maar die eerste stap om enige iets te wil beryk. Begin net iewers…..

Dankie

Afrikaner Slim

(PS: Tyd – in hede. Hoor storie nou die dag by vriend van my oor hoe sy pa, landboukundige van formaat, deur die regering aangestel was so paar jaar terug om boerdery tussen die plaaslike bevolking te bevorder. Hy kry die gemeenskap bymekaar onder die standaard boom waar almal sit, en begin verduidelik hoe mens jou wins moet terugploeg in jou boerdery.

“So in jaar een, moenie al jou geld gebruik na die oes nie”, se hy, ” hou bietjie geld terug en die volgende jaar koop jy trekker”. “En dan?” vra die PB. “Dan plant jy meer en oes meer en het meer geld die einde van jaar twee, en dan hou jy van daai geld terug en koop nog ‘n trekker en ‘n stroper en dan het jy meer geld einde van jaar twee.” “En dan?” vra die PB weer.

Nou teen die tyd raak die oom bietjie kort van draad en se: “Wel, dan hou jy so aan en na ‘n paar jaar het julle genoeg geld en dan tree julle af en sit lekker onder die boom en doen niks.”

Waarop hulle antwoord: “Maar ons sit dan nou lekker onder die boom………..”

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s