29 February 2007: Tandartse en hinderlae

Goeie dag aan almal

Nounet van die tandarts af gekom, root canal gehad en self onmiddelik vol Myprodol gestop. So vergeef as iewers dinge half deurmekaar raak, maar vir iemand wat nie eintlik pille drink nie is die gevoel nogals lekker!

Op die Slagveld gebeur daar tans maar min, ons le hinderlaag. Planne is uitgele vir eerste besoek aan gewinde land, maar sover lyk almal betrokke (dis nou Janneman, djC en ek) se sosiale skedule redelik vol tot middel/einde Maart.

Dan vertel ek julle maar van die besoek aan bogenoemde tandarts. Ek weet daar is al vele komiese sketse geskryf oor besoek aan die mens wat homself mens noem, maar nes student val hy net onder die Homeo Erectus omdat hy spoor trap soos een, en regop loop. Dis nou behalwe vir julle wat die mail lees wat ook aan tande werk.

So daar le ek, die hele 1.92m, 108kg op stoel wat gebou is vir jou normale mens. Voete hang af en kop net-net op die kussinkie, geflip met my kop tussen sy bene. En hy spuit, en dis nie te erg nie. So le en dink ek aan die Slagveld en ander “Happy thoughts” terwyl die gif sy werk doen. Mond oop en eerste vyltjie dingetjie, en hy raak met die vyltjie iets onder in die kakebeen. En ek “aaaghhhh”, hy hou half op en se ek moet hom se as hy seermaak. “Gjshyieuoeughh jioeuo pkdiuooehjhsss?” vra ek. (Hoe jou doos?)

En hy vyl en dinge gaan goed, die gif trek noual hier by my oog en daar loop ‘n traantjie so skuins teen my wang, al teen my nek en kom tot ruste teen my kraag. En hy raak weer iewers onder. “AAAAGGGHHHH!!!”

“Toe maar”, se hy, “amper oor!” Maar ek het redelik maklike lewens uitkyk, jy vergeef almal een keer want almal maak foute, partykeer twee keer, maar drie keer is gedragspatroon en iets moet gedoen word. So werk ek die afstand tussen my regter en sy kakebeen uit, werk die timing uit dat ek nie die arme stoel assistant ook bykom nie, links van haar tools verby, trek effens terug vir die lig en laat lees reguit. Hy sien dit gelukkig in my oe en kalmeer met die vyl.

“Kom ons neem gou foto’tjie” se hy. Fototjie? FOTOTJIE!! Hoe lank het jy geswot jou donners sadis? Mens noem dit x-straal, en anders as fototjie gaan jy my met mijoene elektrone bomb, deur my wang, net regs van my brein verby, deur my bek, seker anderkant nog uit ook en in die arme stoel assistentjie wat met my een gewone en een tranerige oog nogal aantreklik begin lyk. Maar my tanne staan mooi stil vir fototjie, hy wys my nogals, “Kyk, daar is die vyltjie” wys hy dit vir my uit. “Ek weet” dink ek – ek voel hom mos so af en toe.

Lang storie kort, want ek kan nog vir lank so aangaan, is ek daar uit. “Dit gaan seker vir so dag of twee gevoelig wees” se hy. Nou “gevoelig” is net iets wat jy vir iemand se as jy self lanklaas daai pyn gehad het. “Jou neus gaan f*%&^$ken gevoelig wees as ek nie nou hier uit nie”. Gelukkig kan ek nie praat nie, so dink dit maar net.

Wel, dis my deel vir die week. Hopelik kom ek, djC en Janneman met meer idees op die week vir die “Slagveld”. Geniet die week,en onthou dat as iemand weer vir julle se dat hulle liewers “root canal” sal gaan kry as iets doen – se hulle praat k@k. Dis soos gevoelig, mens se dit net as jy dit lank laas gehad het.

Afrikaner Slim

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to 29 February 2007: Tandartse en hinderlae

  1. Tinus sê:

    Ek het myself nou weer amper nat gepis toe ek die ene lees

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s