19 February 2007 04:07 PM: X-marks the spot

Image

Heerlike goeie dag en begin van die week

Hiermee begin ek ‘n total nuwe mail wat julle hopelik sal volg tot die einde maar die begin van die “Slagveld”. Waarvan praat ek, kom ek begin voor – maar voor ek heel voor begin reply onmiddelik as julle nie wil lees van my en Dr Jannie (of Louis Awerbuck soos aan party bekend) se volgende mission genaamd “Operasie Slagveld” nie.  Ek sal nie kan se dat julle elke week of elke maand ‘n update sal kry nie, maar hopelik bly dit interessant wanner dit wel gebeur. Laat ons begin:

Dr J en ek sit bespiegel eendag oor vele wyne hoe ons speelveld vir die internationaal befaamde VEG wil skep, ook plek waar ons die Afrikaanse kultuur in die volgende flaag van Afrikaanse volks musiek kan help (dit was nou voor “de la Rey” die spotlight gesteel het en almal dink ons staan op punt om wapens op te neem as gevolg van een liedjie). Persoonlik probeer ek al vir afgelope amper 10 jaar eiendom bekom in plekkie genaamd McGregor, en met min moeite oorreed ek Dr J om my en die DJ te vergesel na Wynfees op Breederivier, paar km vanaf Roberson.

Weer wyn, heerlike fees, en na nog naweek op McGregor begin soek en ek Jan plek. Eerste aanbod ongeslaag, beding, nog aanbod ongeslaag, beding, half geslaag, beding – toe die begin van proses (die van julle wat al eiendom gekoop het weet waarvan ek praat) wat die landing van die Space Shuttle na maklike storie laat lyk. En goedkoper – hoe slaap die regsgeleerdes saans as hulle mens sulke verskriklike bedrae kan vra vir die invul van een of twee forms? Blykbaar wat die koste opjaag (ekt natuurlik vir afslag gevra) is dat hulle moes uitry Kaap en Paarl toe – met trekker vra ek, dit kan immers die brandstof koste en tyd regverdig wat ek moet betaal – wat my toe onmiddelik verder laat besef dat hulle geensins sogenaamd sin vir humor het nie! Maar dis ander prokereurs daai, nie julle goeies wat nou die brief lees nie.

Onder andere moet ek toe Jan se lewe verseker en hy myne – wat hom so angsbevange maak hy droom van King Kong wat hom wil afransel en in angs wakkel hou saans. “Ek is natuurlik Kong wat jou wil uithaal vir die polis om aan my uit te betaal,” se ek hom toe en maak of ek ook iets weet van kop dokter speel. “Nee”, se Jan, “maar drink jy nog so ietsie voor jy huis toe ry.”

So breek die dag uiteindelik aan en sal 19/02/2007 onthou word as die dag toe eerste wetlike aspek van die Slagveld afgehandel is. So tussen deur die projek sal ek julle op hoogte hou en meer verduidelik van wat daar nou eintlik beplan word en hoe ons uitsien wanner julle vir ons daar sal kom kuier.

Groete

Afrikaner Slim

 

 

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to 19 February 2007 04:07 PM: X-marks the spot

  1. Nou is ek nuskierig …

  2. Dis n blink idee! Hou ons op hoogte.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s