23/12/2011: Da Road back from Bob (1)

Terug, veilig, en soos met sulke reise verwerk mens dinge eers wanner jy terug is. Terwyl jy besig is, is jy so in die oomblik, en die oomblikke volg mekaar so vinnig dat jy nie nabetragting kan doen nie. So die is die hoogtepunte, die Everest’s eintlik, want die hele reis was een groot hoogte.

Barcelona: So baie om te se ek gaan sommer min se. Die mooiste, lekkerste, vriendelikste stad wat ek al ooit besoek het. Het heeltemal opgesien na die tyd wat ek in die stad moes deurbring vir werk, maar wat ‘n stad. Van Gaudi tot Picasso, van Modern tot Rooms en Goth, museums tot nagklubs wat op die strand uitloop, vriendelike mense en klein eetplekkies orals, baie min Amerikaanse eetplekke – yeehaa!!!

Die hele stad, werk ek toe uit, werk in drie 8 uur siklusse, en in derdes. 10 uur die oggend begin ‘n derde werk, ‘n derde kom net van die werk af en begin “jol”(en hel, kan die mense paaaaartie – gesien hoe staan ‘n ry om die blok om by ‘n club in te gaan, 3 uur op ‘n Sondag middag!); en ‘n derde gaan slaap. So 6 uur se kant skuif hulle een aan, en dan 2 uur die oggend weer. Midderdag lyk die strate leeg, asof die plek nou eindelik tot ruste kom, maar glo my, 2 uur die oggend lyk dit soos Voortrekkerweg op ‘n einde-van-die-maand Saterdag oggend.

Aand een stap ek in die stad  rond, sulke klein, baie hoe, baie ou stegies gebou in die tye van die Romyne en Goths, en kom op so klein pleintjie af, soos Green Market Square, miskien bietjie groter.

303030_10150438727443169_1643177600_n

307258_10150438732873169_139132419_n Lyk soos wynfees in Breede rivier, sonder die rivier, sulke klein tentjie goeters met mense wat kos verkoop. EN DIS DIE BARCELONA TAPA’S FEES!!! Nou die van julle wat my ken weet kos is groot op my agenda.  Die beste chefs in en rondom Barcelona het elkeen ‘n stalletjie, waar jy dan hulle beste Tapas gereg kan koop, en wyn, baie wyn en Sangria. Ek is in die hemel en kan maar opgeraap word, en eet myself so dat ek nie eers plek het vir wyn nie, en die van julle wat my ken weet wyn is reg langs eet op die agenda!

Persoonlik is ek mos nou nie wat sou beskryf word as kuns kenner nie, weet regtig nie veel van dit nie, maar die Gaudi ou raak toe my hero. Waar almal besig was om in reguit lyne te bou en vierkantige geboue op te sit, vorm hy sy geboue soos hy voel, sulke mooi rondings en gebuigte lyne. Tuine, geboue, monumente, en toe besluit die dude hy wil kerk bou, Sagrada Familia, en volgens die plan sou dit eers jare na sy dood voltooi kon word.

315811_10150440094973169_1911186981_n(Hulle is nou nog besig daarmee na hy dit in 1915 begin het, reken dit gaan so teen 2027 voltooi wees.)  Toe hulle dit vir hom se reken hy: “It’s o/k, my client has time to wait”, of so iets, en in Spaans. Hy sterf in 1927 na hy deur ‘n tram omgery word, en omdat hy nie identifikasie op hom gehad het en omdat hy altyd soos die hond se gat gelyk het, dink hulle hy is swendelaar en gee hom nie die mediese behandeling wat hy benodig nie. So mens moet seker maar na jou ma luister as sy se jy moet jouself netjies hou, skoon onderklere ingeval jy in ongeluk is…..

Heerlike tyd gehad en ek kan nog blaaie vol skryf, maar na ‘n week van “werk” spring ek op ‘n trein Parys (Frankryk) toe. Die treine is nou nie ons algemene Trans-Karoo nie, hardloop hier oor die 300 km per uur en loop die afstand van Barcelona na Parys (Frankryk) in 6 ure plat. Vinnige stop in Belgie, kan mos nou nie waffle daar misloop nie, en so klim ek in Parys af, plek wat almal nou maar een keer in hulle lewe wil gaan beleef. En volgens my, net een keer, maar meer daarvan volgende keer.

So onthou, luister na jou ma, dra skoon onderklere, en bou wat jy wil al dink ander mense jy’s mal. Die Slagveld laat my dink ek is dalk so………

AfrikanerSlim

Posted in Uncategorized | 1 Kommentaar

17/10/2011: Da Road to Bob (2)

O/K – sover lyk dinge goed. My konverensie kaartjie is geboek, vlug kaartjie Barcelona toe geboek, Eurorail kaartjie oor die kontenent van Europa geboek, plekke om te bly in Barcelona, Parys, Amsterdam en Hanover – check! Sterk besig om vriende te verloor soos ek hulle verveel met my – “mmhh, nee, sorry, kan nie dit of daai doen nie, moet vir Bob Dylan en Mark Knopfler gaan kyk” – oops, daar gaan nog een.220px-Bob_Dylan_-_Slow_Train_Coming

Min bekend is die feit dat Mark Knopfler guitar speler was op Bob se 19de album – “Slow Train Coming” (1979), en die twee het reuse respek vir mekaar, met Bob wat al opgemerk het: “He is the closest person in music to myself”. (Miskien omdat, as mens nie ordentlik en aandagtig na die musiek luister nie, jy nie eintlik veel kan uitmaak wat hulle se nie)  Maar ‘n ding se die kan Bob mos nou maar……….

“Oh, and I thought when I was there, God, what am I doing here?

I’m a-tryin’ to kill somebody or die tryin’

But the thing that scared me most was when my enemy came close

And I saw that his face looked just like mine”

“And I couldn’t help but think, through the thunder rolling and stink

That I was just a puppet in a play

Die woorde van Bob se ‘John Brown’  het my al baie besig gehou, weereens so basies en reguit en afhangend van jou gemoeds toestand spreek dit boekdele vir enige iemand wat deur die weermag is of half vir jouself kan dink. Bob het hierdie liedjie in 1962 geskyf, maar die eerste keer record in 1995 vir sy “Unplugged” album – min of meer die tyd toe ek regtig ernstig na die man begin “luister” en toe “gehoor” het. Dit gaan oor ‘n seun wat oorlog toe gaan, en hoe trots sy ouers en land op hom is en hoe hy wil gaan, maar hoe sy  mening begin verander terwyl hy daar is en realiteit in die oog staar. (Wel, dis een van my meninge) Kragtige woorde en een van my gunsteling liedjies.

So, op 21 Oktober 2011 vlieg ek uit om paar dinge van my bucket list af te haal. Ek gaan vir Bob kyk, ek gaan vir Mark kyk, en ek gaan die tweede wereld oorlog van Normandi in Frankryk tot in Berlyn volg en my fetiesh met oorlog verder stook. (julle het seker al immers seker gewonder waar kom die naam “Slagveld” vir die McGregor teater vandaan?) Ook wil ek van nader bekyk die plekke en staan op en gevoel kry van die plekke waar dinge gebeur het wat nooit moes nie.

Sien uit om julle van my wedevaringe te vertel. Dis soos Linkin Park in een van hulle liedjies se:

“If the rich wage war, it’s the poor that die.”

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

02/09/2011: Da Road to Bob

Now come all you people, throughout the land

Don’t criticize what you can’t understand

Your sons and your daughters are beyond you command

The old road is rapidly changing

So get out of the new way if you can’t lend a hand

The times, they are-a-changing

 

My ontdekking van ‘n sekere mr Bob Dylan het niks met woorde hierbo gehad nie, dis net die lirieke wat altyd eerste in my kop opkom wanner ek aan die man dink. Dit het in werklikheid begin met my eerste luister na Rainy Day Woman – “everybody must get stoned” – wat ek toe natuurlik verkeerdelik letterlik opgeneem het.

Maar die woorde het oor en oor in my kop bly rondwaal – al dinkende “die ou moet mos half in sy donner wees om so min te voel en so blatant sulke dinge te se– baie cool!!” Onthou egter die jaar was 1988 – ek was nie Afrikaner Slim nie, ek was bloot 85264224 BG: G1K1N1 – your license to fly – cleared for military service on land, sea and air.

Ek was nogals reg met my denke toe Bob jare later oor die liedjie verduidelik: ”……very protest, very, very protest and one of the protetiest of all things I’ve protested against in the protest years.” They will stone you, you will get stoned, moenie te veel vir jouself probeer dink nie, hulle gaan jou in elk geval stenig. Niks met die rondkyk twak te doen nie – wens ek toe ek het dit vroeer geweet…….

Maar wat het dit nou met die Slagveld te doen? Bob het my geleer om nie net na musiek te luister nie, maar om te hoor wat gese word. Om die woorde/lerieke/wysie/instrumente/klanke/gevoelens van die artist te vat, dit rond te maal in jou binneste, en dit dan op jou van toepassing te maak. Om besluite vir jouself te maak, om te doen wat jy wil en voel – al is dit een mal idee om ‘n restaurant teater in klein dorpie met die naam McGregor eendag te gaan bou al dink jy nie nou daaraan nie.

Nou hier moet julle besef – Robert Allen Zimmerman (Bob Dylan) is my musikale nommer 1. Naas 1 of 2 het ek al sy 71 albums; 4 boeke onder die knie waarvan onder andere sy eie geskrifte, hom gevolg deur sy 11 Grammy’s, sy Golden Globe, sy Oscar, en sy induksie in die “Rock and Roll Hall of Fame” en “Songwriters Hall of Fame”. (Huidige tyd – hier kan ek nou ook bysit sy “Presidential Medal of Freedom” van Barrack Obama vroeer die jaar) Nou kyk, Bob is nie ‘n nice ou nie, wou dit nooit wees nie, hy het net bloot gese, of se bloot, net wat hy dink of voel en los jou om jou eie mind op te maak – en ek geniet daardie eienskap in enige mens. En so wens en hoop ek vir die dag, jare lank al, baie, baie lank al, wanner dit dalk op my pad kan kom waar ek hom te siene sal kan kry, want Bob is ook nou nie meer vandag se kind nie.

En hier sit ek nou by my kombuis tafel, en in my hand hou ek ‘n kaartjie: “A unique evening with Bob Dylan and Mark Knopfler” – Block U7 Unterrang – Reihe  – Platz 5. Weet nie lekker wat dit beteken nie, als in Duits. Al wat ek weet is dat op 06.Nov.11, 19:30 Uhr moet ek by die ‘TUI Arena, EXPO – Plaza 7 – 30539 – Hannover – Germany’ wees om vir mr Bob Dylan te gaan sien. (En sommer ook mr Knopfler – my ander groot gees en onder my musikale top 3 – wat vir hom open – dink julle ek is happy?)

En wat doen jy as jy nou so kaartjie het? Jy laat onmiddelik jou pel dit vashou (net vir kort rukkie) en dan neem jy ‘n foto natuurlik!

Het idee, maar nog nie 100% seker hoe ek daar gaan kom nie, so kom saam met my en ons kyk.

Afrikaner Slim

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

16/07/2011: On the Road again, na na na na, on the road again..

Hello Julle

So slaan ek weer die pad, die slag groei die groupie tot 3 met Danie en Michael wat die trippie saam met my aanvat. Rofweg het ons idee waar ons gaan ry, maar aangesien dit min of meer in die middle van ons winter is, is daar besluit dat ons maar ons wee aan die natuur oorlaat en probeer om so lank as moontlik droog te bly. (Net die kele so nou en dan natmaak)

Woensdag middag breek aan – Danie vergeet sy buff en ons kom laat weg, ry in die donker met bibberende alles en kom koud maar lewend by die Slagveld aan. Braai, eet en kooi toe – en hier moet ek verduidelik: Danie is verskriklik gesonde persoon, eet vrugte en gesonde goeters en ry bergfiets net wanner hy kan – en so kry ek en Mike waarskuwing nr 1: hy poep verskriklik, se hy, as gevolg van die gesonde kos. Mike gee toe onmiddelik waarskuwing nr 2: hy het sinus probleme en begin snork oomblikke voor sy kop die kussing tref. Ek self doen sommer alby, maar hoe erg kan dit nou wees – ek was mos 2 jaar in die weermag; 5 jaar op koshuis, ek ken van kamers deel met ouens. MAAR NIE DIE OUENS NIE!! Ek en Danie is nog besig om nag te se vir Mike toe trek die sinuses los dat ek en Danie sommer klip hard aan die lag raak. En so in die lag begin Danie lostrek met die onderste gedonder, ek probeer by hou so al wat ek kan, maar hulle het voordeel op die gebiede wat nie vir jou gewone mens beskore is nie.

Dag twee vat ons Montague om waar ons besluit om Tankwa deur  Sutherland toe te skiet. Dit is mos nou winter, ons is mos op motorfietse – so kom ons gaan kyk hoe lyk die koudste plek in Suid Afrika. Lieflike pad, die reen bly weg, paar klein rivier kruisings en sneeu op die berge waar ons ry. Halfpad kom ons op plek af – Karoo 1: Bergplaas (www.karoo1.com) met mal Belg wat die plek besit. Hy stap rond met boekie met foto’s van sy Indonisiese meisie, sy is verskriklik skamelik geklee, maar trots druk hy die foto’s in jou gesig. Bietjie weird, maar pragtige plek met van die snaakste, onverwagste goeters om elke draai – regs is ek langs ‘n orrel ding wat met sulke papier gevoer word en dan musiek speel, daar staan ou negentien voetsek se Rolls Royce wat nog loop, en nog vele meer. So vertel hy sy dogter kom eersdaags kuier – waar ek en Mike onmiddelik besluit aangesien ons in verhoudings is dat Danie net die regte ou vir haar is. Dan het ons mos Karoo plaas om te kom kuier en skoonpa wat verleidelike foto’s van sy meisie in jou gesig druk. Maar Danie wil niks weet nie – “Gaan te min kan fietsry” is al wat hy mompel.

Ons haal Sutherland – 2 grade wys dit op my motorfiets se thermometer toe ek hom gaan parkeer – en die son is nog nie heeltemal onder nie. (Foto links is ons op pad na daai berge toe – wit van die sneeu) Weer eet (enigste restaurant waar ek al was waar jy ‘n hele lam skouer kan bestel – heerlik – kyk links) kooi, snork, poep – en ons ry die volgende oggend rigting Clavinia. In Calvinia word besluit ons stoot aan Nieuwoudtville toe – die weer bly mooi en heerlike pad met niks, niks en niks. Perfek!

Mike kry gout – die spuit ons toe vinning dood met voltaren – die oggend vroeg ry ons deur Clanwilliam toe om die Super rugby finaal te kyk, en breek af in die Cederberge in met sy eindelose skoonheid. Eind bestemming “die Oase” – soos in vorige blog beskryf – en dit bly net altyd lekker daar. Eet weer vleis, vleis en vleis – kamp heerlik onder die bome, gesels vir vale, slaap so rustig as wat mens net in die natuur kan doen; en ry die Sondag uit en huiswaards. Wat ‘n heerlike paar dae – en heerlike mense.

Saam met die twee ouens (Mike bo en Biker Smurf Danie regs) doen ek enige tyd weer ‘n trip – geen klaagliedere, ons elkeen so bly om te kan ry en vry wees vir paar dae en elke een met humorsin wat enige probleem laat wyk soos ‘n munisipale werker voor die woord dienslewering.

En voor julle dink wat doen die arme djC as ek die pad so vat, soos die vorige keer is sy terug Australia toe om haar suster te gaan bystaan. En bietjie meer as bystaan, sy is 100% stemsel match vir haar suster wat in ‘n stryd gewikkel is met Non-Hodgkins Lymphoma – ‘n tiepe kanker wat vir tydjie in reses in gegaan het maar weer terug is. Alle middels word nou na die kanker gegooi, met die stemsel oorplanting as deel daarvan. (Huidige tyd: Ons moes vir Shanean totsiens se op 18 September 2011 na lang stryd met die kanker – sy word nog elke dag gemis deur vele.)

Groete tot julle weer van my hoor

Afrikaner Slim

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

09/11/2010: Trip

Hello Slagvelders

Lange die slag en ek het dit regtig probeer verkort, daar is soveel meer.  Deel daarvan het ek op pad geskryf en deel tuis, geniet of delete – keuses, keuses – al wat ons het:

Yo, hier sit ek nou in die Tankwa Karoo, voor ‘n tent op ‘n koppie en kyk uit oor ongerepte aarde. Wel, tot so paar oomblikke terug altans toe die son sy heel laaste strale deur die wolke laat kom het soos die covers van die Christelike boekies van ouds. Ek weet nou hoekom hulle altyd sulke strale deur wolke met sonsondergang gekies het vir die covers: want “Jirri dis mooi!”

Bo is foto van die getente huisie en regs foto uit my bed vir die aand.

 Links is hoe ek lyk soos ek nou hier sit en tik. Dis vir my baie weird as mense foto’s van hulle self neem op plek en dan vir jou wys, gewoontlik sommer baie foto’s op baie verskillende plekke, maar hulle staan die view vol so al wat jy die heel tyd sien is hulle en nie die plekke nie. Elk geval…

O/k, hoe kom ek hier: besluit om entjie met motofiets te gaan ry vir kop skoonmaak. Oorspronklik, soos sulke dinge maar altyd werk, groei die groep toe tot 4 ouens, maar verloor toe 3 hoe nader die datum raak. Ry gistraand alleen McGregor toe, slaap in die hout huisie wat ons teoreties in gaan bly wanner ons die Slagveld bou – kyk onder.  Ry vanoggend verder, eet ontbyt in Montaque en besluit om Tankwa Karoo toe te ry, Touwsrivier om, en sit nou so 140km van teerpad af op die grond van die jaarlikse Africa Burn. (www.afrikaburn.com – dis ‘n moet)

Maar in stede dat hier 4 000 mense en tente en kuns werke so groot soos geboue en baie, baie (soek nou woorde vir weird wat nie afbrekerig is nie – alternatief?) aangetrek en quite frankly net vry mense is, is hier een barman (Beka) en sy pel (Kirsten), altwee van Malawi, en een kleurling vrou (Theresia – sy moes dit vir my neerskryf want tot nou toe sukkel ek met die uitspraak) wat my onmiddelik aan Lizzi van die Plot laat dink: vriendelik, wys, diensgerig sonder dat sy dit weet, praatsamig en sommer net cool.

Lizzi maak toe vir my kos – lams boud met regte egte gebraaide aartappels, 2 soorte vars gemaakte slaai, gebakte plaas brood, kaas (en meer as wat ek kan skep) – Beka en Kirsten skink bier/whiskey/jagermeister en rook saam, ons chat en is gesellig. Hulle maak vuur in die donkie vir warm stort, ek kies vir my opgeslaande tent op die verste punt, op klein koppie met view wat nie eindig nie, vat vir my whiskey, soda en ys en kom sit hier en kyk na die sonsondergang. En toe die sterre wat opkom, op die plek op aarde letterlik waar mens die beste sterre kan sien. So dis hoekom ek foto van myself moes neem – daar is nie ‘n view nie, dis pik donker nag – die Malawieers en Lizzi is baie ver van hier af nou aan die heel ander kant van die plaas, ek dink die naaste ander mens omtrent 150km – en ek wou he dat julle moet kyk of julle in my gesig kan sien hoe fokkol ek op die stadium vir die establishment voel.

Die snor kan ek ook verduidelik, maar die klein netbook se krag het klaar geflash – dis nou sy einde. (het ek al bygevoeg die naaste kragdrade is omtrent 160km van hier, die naaste parkeer meter nog verder.)

Krag het toe gegaan en ek sit nou tuis met soveel meer om te se, so lees verder. Wat ek wou se is die snor is deel van die Movember maand (www.movember.com vir die wat nie weet nie) vir die bewustyd van kanker. Dit gee ook vir ons gewone mans wat kak lyk met ‘n snor ‘n kans om ‘n snor te mag groei en nog steeds cool wees. (Miskien nie lyk nie, maar wees)

Ek wens ek kon vir julle die sterre beskryf – al wat ek mee kon opkom was dat dit eindlik vir mens engtevrees gee, daar is so baie en helder dit voel absoluut of dit afdruk op jou – van horison tot horison – en ek sien 3 verskietende sterre. Dink ook toe hoe “skaars” dit blykbaar is om dit te sien, en almal wat ek dit vertel se “ja, baie lanklaas een gesien”. Maar wanner laas het jy opgekyk – net daar gesit en opkyk na die sterre? Seker maar soos baie dinge in die lewe – die wense word waar vir die wat elke nou en dan die tyd vat om net rustig te sit en opkyk na die sterre.

Dag 3 vat my toe op in die Tankwa na ‘n pad wat ek op kaart gesien het, in die Cederberge in na die dorpie Wuppertal. Die kaart se egter nie dat mens vooruit moet bel om te hoor of die Doring rivier dalk in vloed is nie, veral as dit nog die vorige dag gereen het. Kom toe by lopende rivier aan, te min petrol vir omdraai – so Wuppertal or bust. Soos dinge maar werk op so trip is daar gelukkig 6 ouens op 5 motorfietse wat net voor my daar aangekom het. Daar is ‘n pond, wat bestaan uit 4 lee petrol dromme met staal raam – baie goed benaamd: SAS Willehond. Jy probeer dan jou  duur 240 kg Duitse motorfiets oor sand rivierwal kry, op die pond met sy wanklerige ramp, maak vas met ou toue en loop halflyf deur die rivier terwyl jy die pond oorstoot met jou motorfiets nog meer wankelrig bo-op. Jy stamp jou tone, val oor klippe (mens kan mos nou nie met ry boots deur die rivier loop nie) en elke slag as dit bietjie kantel wil jy in jou broek bol.

Ander kant uit se ek dankie en ek het 2 biere wat ek graag met die ouens wil deel, dis nou na hulle nee gese het vir ‘n sigaret, en se toe ook nee vir die deel van die bier. “Nou wat doen julle ouens dan?” vra ek opreg. “Ons doen nie eintlik sulke goed nie, ons is dissipels.” (Dankie is ek toe ek het nie iets anders uitgeruk om te rook nie!!) “Cool” se ek – want wat se mens nou as jy so bly is die ouens word na gekyk van bo, en help jou met jou 240 kg motorfiets oor lopende rivier met 4 petrol kanne en stuk staal?

“Niks pertrol op Wuppertal tot miskien vanmiddag” – se hulle na ek by die petrol pompe was wat lankal nie meer werk nie en waar ek verwys word om by ‘n huis te gaan klop. Maar nog ‘n geluk op een dag kom daar ‘n groep Duitsers verby wat uit Windhoek ry met motorfietse en back-up voertuig – met baie petrol. Koop toe by hulle en ry verder deur die Cederberg met die skoonheid, werklik ‘n foto oomblik elke 5 meter. Yo, mens vergeet tot jy weer daar is hoe mooi dit is. En lekker, moeilike stukke pad wat mens toets en wakker hou, ry ek tot by plek met naam Oasis – in die middel van nerens.

Eienaar van Oasis ook ‘n Gerhard – goeie mens natuurlik – en as jy daar kom word jy onmiddelik verduidelik hoe dit werk: jy kry vir jou stukkie papier, en help jouself  uit die kroeg. Jy skryf net neer wat jy vat en watter kos jy bestel, en betaal die volgende dag wanner jy ry. Of soos in my geval, betaal wanner jy weer by ‘n dorp uitkom en internet betaling kan doen omdat daar geen kaart fasiliteite so ver in die berge is nie. (Kan ek byvoeg die laaste cell opvangs was 3 dae terug?) Kan jy glo – sulke vertroue, hulle ken my van geen kant af nie. Lekker kos word vir jou gemaak met keuse van vleis of vleis –  ribs, sirloin, rump of T-bone – net soos dit moet wees, lekker ou bord vol met slaai en chips – sonder tierlanteintjies en absoluut heerlik. Die kroeg/restaurant sit in die middel van nerens, (kyk maar mooi in die foto, daai groen stukkie is waar dit is) maar lanklaas het ek so goed bestuurde plek teegekom. Hulle het alles en nog meer – baie van die top restaurante waar ek al was kan daar gaan leer. (En ja, ek het hulle toe betaal!)

Ek ry dag 4 rustig uit die Cederberge en basies die einde van my tog tot voor ek civilisation teekom – as ek nog 4 dae gehad het het ek weer van voor af begin. Ek kan nie wag dat die Dj terug kom uit Oz om haar te gaan wys. Maar meer as dit, dit voel of ek boek oopgemaak het en net die eerste bladsy gelees het en dit boei my absoluut al klaar, met nog baie om te kom en ek kan nie wag om dit te gaan bekyk nie. Om dit op motorfiets te doen is net soveel anders as met bakkie – jy voel die terrein, jy voel die weer, jy is een met alles om jou sonder “mure” of “vensters” om uit te kyk – jy is uit.

So los ek julle met stukkie musiek van 30 Seconds to Mars, wat oor en en oor in my kom haak het en vele male gespeel is terwyl ek so ry:

“I will never forget,

I will never regret,

I will live my life”

 

Afrikaner Slim

Posted in Uncategorized | 2 Kommentaar

22/09/2010: Nie so lekker mail.

Hello Julle

Gedink ek sal kort skrif doen aangesien gebeure van verlede week impak het op Slagveld se vorige e-mail en terwyl ek nog voel wat ek wil se.

In my vorige mail het ek vertel van Paris wat haar onverwase opwagting in ons huishousding gemaak het, en basies sonder om eens te probeer haarself met alles wat sy het in ons harte gevestig het. Van alles wat sy sien kou, tot mooi regkom om te besef dat sy nie meer enige bewegende ding hoef aan te val as daar kos naby is nie – van my en veral die Dj buite laat staan en wag dat sy piepie tot waar sy sommer begin kla as jy nie gou genoeg die deur oopmaak vir haar om self te gaan pie nie.

Van DjC wat 3 keer per nag moes opstaan om haar uit te vat tot deurnag slaap en jou net so 6:15 am (op die dot) wakker maak om te gaan eet, en dan pie, in daardie volgorder. Een ding wat sy nie kon afleer was om uit pure blyheid haarself (en vir jou as jy nie vinnig is nie) te benat as jy tuis kom – al was jy net vir 10 minute weg, maar wie kan nou daarvoor omgee dat iemand so bly is om jou te sien?

Yep, die sin hierbo bevat “kon”, ek moes verlede Woensdag aand vir Paris begrawe. Toe ons Dinsdag aand tuis kom was Paris nie daar nie, loop hele tuin vol en soek maar geen Paris. Gaan volgende oggend en vra al die folk op die plaas om haar te soek, plak plakkate op by winkel en ingang van plaas. Die voorman bel Woensdag middag vir Christene en se Paris se lykie le agter ‘n water tenk in ons jaard. Baie vrae onbeantwoord – geen uitwendige skade – enige iets van dat sy kragdrade gebyt het tot slakgif, tot slang of hartaanval – maar dit maak nie saak nie.

Daai vrae is daar, maar hardloop nie deur mens soos hoekom, wat de f0k, wat kon ek gedoen het of nog vele meer soos enige van ons weet wat al iets waarvoor ons lief was verloor het nie. Self het ek nie geweet dat sy sulke emosies by my kon wakker maak nie, ek noem later myself name soos Sissie/Softy/Moffie (jammer gay mense – julle weet ek bedoel dit nie so nie) wanner ek oor haar moet praat en die water kom sit in my oe. Donderdag het ek ‘n grootkop van supplier van my uit Europa en moet hom en ons MD vergesel na my kliente, en wys toe iets agter in my bakkie, en daar le ‘n klein drolletjie van Paris van toe ek haar vir tweede inspuiting gevat het, en ek begin huil (stap natuurlik weg en steek sigaret aan jy weet, praat sommer op selfoon wat nie gelui het nie). ‘n Drolletjie, vir my, die Groot G, Afrikaner Slim laat huil, yo.

Ek is nou nog erg kwaad, wens net ek het geweet waarvoor om kwaad te wees. En met al die skel omdat sy skoene ronddra, en buite staan en wag in koue, sal ek nou heel nag buite staan as ek maar mog, sal ek skoenwinkel gaan koop as sy lus is vir jou skoen vreet.Miskien som Christene se Facebook boodskap van Vrydag dit beter as ek op: “How lucky I am to have had something that makes saying goodbye so hard.”

Bye Paris

Afrikaner Slim

Sometimes, cut those you love some slack”

Posted in Uncategorized | 2 Kommentaar

30/07/2010: Dis een jaar en paar minder dae later….

Goeie mense en vriende en ander

Ek sien nounet dit is amper ‘n jaar terug dat ek laas van my laat hoor het, ek is nou net soos die Breederiveir Munisipaliteit. En net soos die Munisipaliteit het van die dinge in my vorige mail waar geword, en sommige nie.

Blitz bylaag van jaar verby maar nie vergete:

Woodstock huis is verkoop, maak toe besigheid vir djC in Stellenbosch oop, trek Durbanville toe, ek skuif werksgewys aan en maak kantoor vir klient van Gatteng in Stellenbosch oop, ons trek Stellenbosch toe, bly nou op lekker tamatie plaas waar ons tamaties kry teen R3 per kilo. (Vir die ongewiskundes onder julle dis basies ‘n Checkers sak vol vir R15: Ekt al jam gekook, tamatie bredie verselfsprekend elke tweede dag, bolognaise sous in oorvloed, Koo beter oppas want tamatie sous is volgende) Mark/Corene het pragtige dogtertjie, Jannie is nog steeds aangeklam van ons 40ste af, Donovan/Tammie het pragtige dogtertjie,  ek is dikker as ooit en dit is nie die tamaties se skuld nie, dink meer ek kan die druif van die area die skuld gee.

Maar die Slagveld is mos die ding: en alles is klaar. Sowaar, regtig, true’s Bob – ek het die getekende planne as bewys. Maar nie dat hulle ophou met hulle dinge nie: gaan verlede naweek soontoe om houthuis (groot Wendy o/k……) op te sit. Ons ry drie-en-half uur aan een-en-half uur rit,  bo-oor Sir Lowerie se pas – want mag nie deur tonnel: 1 Ton huis op trailer wat net 750kg mag vat (en trailer wat self klaar 200 kg weeg), top spoed van 80 km/uur. Dis lank en senutergend en vir die senuwees vat ons toe maar iets teen die einde en kom veiligerig in McGregor aan.

Ek en Lennie begin verwoed die Saterdag oggend grond gelyk maak, sit vloer neer; en hier stop die Breederivier Munisipaliteit se bakkie.

“Meneer, ek glo jy het permit vir die houthuis?”

HHHhmmmmm – “Nee” se ek, “dis ‘n Wendyhuis”.

“Meneer, jy het permit nodig of ons kom Maandag en breek die huis af en beboed jou drie keer die prys van die permit”.

HHHhhhhmmmm – “Jou ma se &%#$” dink ek gelukkig net, want sy ma het nou mos nie eintlik iets hiermee te doen behalwe dat sy die poephol in die lewe gebring het nie. (wens dit was om die lewe)

Wat nou gemaak? Ek en Lennie ry toe maar drankwinkel toe soos enige Afrikaner man met ‘n probleem en kuier die res van die dag. Ek vat Maandag af en eerste ding Maandag oggend sleep ek myself die Breederivier Munisipaliteit se bou inspekteurs kamers binne. Uit ondervinding weet ek dis mense wat jy nie teen jou wil he as jy wil bou nie, so ek is vrolik, smile, ruik lekker en straal van vriendelikheid – maar van binne oorgehaal soos tiener seun op sy eerste date.

“ ‘n Hartlike goeie more aan julle. Ek verstaan ek het permit nodig vir houthuisie op my plot in McGregor?” (Gaan nou nie vir hulle verduidelik dis my en Jannie se plot nie, het net nie krag nie) “Waar kan ek so permit kry?” (Julle moet verstaan van binne is ek reg vir 3 maande prosess met forms en betaal en planne en weer betaal en wag en weer forms en weer betaal.)

“Ag nee meneer, jy het nie permit nodig nie” se die vriendelike Bouinspekteuresse. “Dis o/k, dankie dat jy vir ons kom se het en geniet jou dag.”

Punt, einde van ondehandelinge. Ek voel soos bokser wie se teenstander nie opgedaag het nie, voel ek wil die hele gebou deurstap en gaan soek vir Poephol nr 1 wat my in eerste plek kom stop het. Maar jaag terug McGregor toe, maak troepe daar vir my bymekaar en stel voorman aan (want hy kan Wendyhuis spel) en daar staan die houthuis (o/k, Wendy huis….)

Soos alles het die storie ‘n goeie einde: Was dit nie vir Poephol nr 1 nie sou ons nooit gekuier en rondgery het nie, waar ons toe afkom op verlate en deurmekaar klein puppie, wat opgepas word (as mens dit so kan noem) deur die twee mees beskonke vroulike figure wat ek al gesien het. Hulle le en mompel sommer vir mens – staan is paar ure terug afgeskryf as slegte idee met die dat die aarde nie wil stil staan nie. R20 later en Paris Hilton Gibbs sluit haarself aan by die huishouding, en al het dit aan die begin maar haak haak gegaan soos Einstein homself probeer cool hou, het hy hom vereenselwig dat die brakkie nou sy suster is.

Dankie vir die aandagtige aandag as jy tot hier gelees het, en soos altyd: as jy nie daarvan hou dat ek die mail vir jou stuur nie, laat my weet. Ek ken hordes beter maniere om jou te spam!

Afrikaner Slim

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar